Rusland se Vryheidslegioen

Die Bevry Rusland-skouerkenteken van die legioen.

Rusland se Vryheidslegioen[1] (Russies: Легион «Свобода России», geromaniseer: Legioen "Swoboda Rossiji"; Oekraïens: Легіон «Свобода Росії», ook vertaal as "Vryheid vir Rusland”,[2][3] is 'n legioen van die gewapende magte van die Oekraïne, wat in Maart 2022 gevorm is om Oekraïne teen die 2022 Russiese inval in die Oekraïne te beskerm. Dit bestaan uit oorlopers van die Russiese Gewapende Magte, sowel as ander Russiese en Belarussiese vrywilligers wat nie voorheen lede van militêre formasies was nie.[4]

Die legioen gebruik die wit-blou-wit vlag as 'n skouerkenteken in plaas van die amptelike vlag van Rusland.[2][4]

Op 22 Mei 2023 het 'n afdeling van Ruslan se Vryheidslegioen 'n oorgrensaanval in die Belgorod-streek van Rusland uitgevoer.[5][6]

  1. Cole, Brendan (30 Maart 2022). "Former Russian Soldiers Join Ukraine Against Putin's Invasion, Kyiv Says". Newsweek. Besoek op 7 April 2022.
  2. 2,0 2,1 Coles, Isabel; Trofimov, Yaroslav (7 April 2022). "Belarusians, Russians Join Ukraine's Military, Hoping for Freedom at Home". Wall Street Journal. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 April 2022. Besoek op 10 April 2022. Terwyl die Belarussiese opposisie lankal geïnspireer is deur die Oekraïne se weerstand teen Rusland en pogings om outoritêre heerskappy af te dwing, is die koms van Russe wat bereid is om teen hul eie landgenote te veg relatief nuut. Die uniforms van die Vryheid vir Rusland-eenheid het die wit-blou-wit skouerwapen, in die kleure van 'n nuwe Russiese vlag wat deur sommige teenstanders van president Poetin gebruik word.
  3. Johnson, Sabrina (9 April 2022). "Russians 'who want to fight Putin in Ukraine' given own battalion". Metro (in Engels). Besoek op 10 April 2022.
  4. 4,0 4,1 "Охочих вступити до легіону "Свобода Росії" багато — представник легіону" [Many people want to join the Freedom of Russia Legion - a representative of the Legion]. Інтерфакс-Україна (Interfax-Ukraine) (in Oekraïens). Besoek op 6 April 2022.
  5. Melkozerova, Veronika (22 Mei 2023). "Pro-Ukraine Russian soldiers storm border region, claim 'liberation' of villages". Politico Europe. Besoek op 23 Mei 2023.
  6. "Freedom of Russia Legion says they are creating a "demilitarised zone" in Russia". Yahoo News, 22 Mei 2023

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search